Home Wedloop Info Galery Reels Roete
12 September 2015
Warmbad / Bela Bela
Site by Run4Life
Is jy in?
Kontak vir:

Lourens of Erika
Kotze

014 736 6008

Of
Stuur epos aan
Sluitingsdatum :
Einde Augustus 2015
News / Nuus
Updated: 2015/07/02
Nuusbrief 1 van 2015
Day Breaker 2015_NB1.pdf

Die 2015 wedloop.

Hierdie jaar is ook ‘n Comrades kwalifiseerder vir 2016!!!

Soos gewoonlik beplan ons vir julle ’n paar verassings op die dag. Prikkel pryse en lekker saamkuier al om die roete van sesuur die oggend tot sesuur die aand is weer op die agenda.

Die roete is steeds ’n 2 Km roete deur die reservaat met die Klein Kariba Lapa as begin en eindpunt. Ons gaan weer vir julle skyfies voorsien wat julle rondte elektronies tel. Soos julle by nou al weet is ons roete ’n mengelmoes van sand, veld, teer en gras. Net genoeg om elkeen van julle se uithouvermoë tot die uiterste te beproef.


Nou wat is dan anders...........??


In die verlede moes julle 80 Km as individu of span van 2 voltooi om te kwalifiseer vir ’n goue medalje. Hierdie jaar implementeer ons ’n interessante “nuwe” konsep.



Hoewel alle atlete dus vir die 80Km wedloop moet inskryf en moet poog om dit te voltooi is die Brons-en Silwermedalje ’n erkenning dat jy wel deelgeneem het maar slegs 40 of 60km op die dag kon voltooi. Ons “Goody Bags” is altyd iets besonders en alle atlete wat inskryf SAL ’n “Goody Bag ontvang.